Vreugde in die plek van bitterheid (Afrikaans)

Norah Mokoena
Norah Mokoena

Norah Mokoena was oortuig daarvan dat diefstal die enigste uitweg was om haar kinders te voed en te klee, totdat sy 'n vrede en vreugde ervaar het wat al haar bekommernisse tot 'n einde laat kom het.

Norah se drie kinders se pa het aanvanklik nie werk gehad nie. Dit het naderhand vir haar onmoontlik geword om haar kinders kos te gee, veral toe hy uiteindelik 'n onderwyspos vêr van die familie af in Durban gekry het.

Norah se gevoel van bitterheid oor die onregverdigheid van haar lewe, het haar daartoe gedryf om te begin steel. Sy erken dat dit 'n verskriklike groot fout was.

"Die lewe was baie moeilik, omdat my kinders nog klein was. Dit is toe dat ek kos en babaklere uit winkels begin steel het," sê Norah.

Sy is kort voor lank in hegtenis geneem en in Suid-Afrika se Boksburg tronk opgesluit.

Dit is hier waar sy begin oplet het dat baie van die ander vroue gevangenes se gesindheid heeltemal anders as haar eie was; hulle het 'n vreugde en vrede gehad wat sy nie geken het nie. Sy het besluit om saam met hulle in te skryf vir 'n Christelike dissipelskap kursus, sodat sy meer kon leer.

"Ek is so dankbaar teenoor my vriendin Gwen, omdat sy my geleer het om my sondes voor God te erken," deel sy. "Ek het regtig baie uit die dissipelskapkursus geleer."

Norah het uiteindelik geweet wat God van haar verwag het: "Ek het Jesus Christus in my lewe in genooi, sodat ek vir Hom kan lewe".

Sy het Jesus gevra om haar sondes te vergewe en beheer van haar lewe oor te neem.

Na hierdie besluit, sê Norah, was sy instaat om ander te vergewe vir die onreg wat hulle aan haar gedoen het.

Sy verduidelik, "Voordat ek Jesus leer ken het, kon ek nooit iemand wat my te na gekom het vergewe nie en dat dit my bitter gemaak."

Sy sê nou met blydskap, "Omdat ek Jesus in my het, het ek soveel meer vreugde."

"Mense kom nou selfs na my toe om te vra dat ek vir hulle moet bid."

Wanneer sy haar tronkstraf uitgedien het wil Norah die tronk verlaat met 'n ander gesindheid as die een waarmee sy ingegaan het.

"Ek bid net dat wanneer ek uit die tronk uitkom, ek 'n werk kan kry en dat ek met my hande kan werk. Ek hou vas aan die beloftes in Hebreërs hoofstuk 13, vers 5 waar Jesus Christus sê dat Hy my nooit sal los of in die steek laat nie," sê sy opgewonde.

In plaas daarvan om na sonde toe te draai in moeilike tye, ken Norah nou die beloftes wat God in die Bybel maak, beloftes soos dit wat Jesus in Matteus hoofstuk 6 gemaak het.

Jesus het gesê: "Daarom sê Ek vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe – wat julle sal eet of drink; of oor jul liggame - wat julle sal aantrek. Is om te lewe nie baie kosbaarder as kos nie? En is 'n mens se liggaam nie baie kosbaarder as klere nie? Hou die voëls in die lug dop. Hulle saai nie, hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie. Dit is onnodig, want julle hemelse Vader gee aan hulle hulle kos. Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie? Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek? ... Dit is die ongelowiges wat oor hierdie soort dinge begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat vir Hom reg is, julle heel eerste prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie dinge as 'n bonus byvoeg."

Met sulke beloftes om aan vas te hou, sluit Norah af: "Ek sal ten alle tye die Here Jesus Christus dien en vir hom werk. Ek dank die Here vir die verandering wat hy in my lewe gebring het."

<< Intokozo ithatha indawo yomunyu (Zulu)
Mufaro unotsiva kushungurudzika (Shona) >>