Vrede nie skade nie (Afrikaans)

Fortunate Mngomozulu
Fortunate Mngomozulu

Vuurwapens, dwelms en geweld het op 'n stadium Fortunate Mngomozulu se lewe oorheers maar vandag is hy 'n man van vrede, wat vir vergifnis vra van al die mense wat hy laat seerkry het.

"Ek het mense beroof en hulle aangerand," moet Fortunate ongelukkig erken.

"Ek het so baie slegte gewoontes en verslawings gehad, want ek het met slegte mense vriende gemaak, vuurwapens gedra, gesteel, dwelms gebruik en alkohol misbruik. Ek het dit gehaat om naby diegene te wees wat hulself kinders van God genoem het."

Fortunate het in Natalspruit, Suid-Afrika in 'n liefdevolle Christelike familie grootgeword, maar sê hy is deur die duiwel beïnvloed en het weggedraai van God af.

"Ek het nie veel oor God gedink nie, omdat ek gedink het dat alles wat Christene sê my glad nie in my lewe sou help nie. Ek het gereeld ingegee aan groepsdruk en uitgehang saam met mense wat teen God was."

Fortunate is later in hegtenis geneem vir die misdade wat hy gepleeg het en die harde lewe agter tronkmure het aan hom openbaar hoe verkeerd hy geleef het.

"Toe ek in die tronk aangekom het, het ek begin besef dat ek Jesus as my Verlosser nodig gehad het. Ek het begin bid en die Bybel lees, waar ek baie verse raak gelees het wat my vertel het om te verander," deel hy.

Hierdie teks gedeeltes, insluitende tekste soos Jakobus hoofstuk 4 vers 4 en 7 tot 10: "Besef julle nie dat vriendskap met die wêreld jou 'n vyand van God maak nie? ... Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug. Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie. Trane moet wys julle is jammer oor die verkeerde goed wat julle aangevang het! Treur en huil! Julle gelag moet in droefheid verander, en julle blydskap in bedruktheid! Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee."

"By die gevangenis kerk het ek die pastoor hoor praat van die goeie nuus van Jesus Christus en ek wou Jesus in my lewe laat regeer, my vergewe en my help om myself te vergewe," sê Fortunate.

"Ek wou ook vergifnis vra van die mense teenoor wie ek gesondig het. Ek het besluit om my lewe te verander, maak nie saak wat die koste is nie, want ek weet ek kan nie eendag doodgaan as iemand wat my hele lewe lank as 'n konstante sondaar geleef het nie."

Fortunate het op God se waarskuwing in die Bybel gereageer dat diegene wat God verwerp eendag vir ewig van Hom geskei sal wees in die hel.

"Ek wou 'n beter mens in die toekoms word so ek het my hart oopgemaak en na Jesus geroep om my lewe te red," sê hy.

Sedertdien sê Fortunate het God hom elke dag innerlik verander en hom gelei om beter besluite te maak.

"God is ook besig om my te leer hoe om ander mense te vergewe en Hy help my om veranderinge in my lewe te maak sodat ek Hom altyd kan gehoorsaam. Ek hou daarvan om mense te vertel dat in Jesus Christus is daar 'n uitweg en 'n ewige lewe wat niemand van hulle af kan wegneem nie. Jesus het gekom om ons almal te red, maak nie saak wat ons gedoen het nie. Hy is die Messias."

<< Ukuthula esikhundleni sengozi (Zulu)
Runyararo kwete marwadzo (Shona) >>