’n DRONKAARD KRY ’n TWEEDE KANS (Afrikaans)

Duncan Oundo, ’n alkoholis en geweldenaar, het gedink dat hy verdien om hel toe te gaan

Duncan Oundo
Duncan Oundo

Alkohol het Duncun se lewe oorheers en sy verslawing het baie mense seergemaak todat hy eendag die tweede kans wat hom gebied is, geneem het.

Dit is hoe hy sy lewens verhaal beskryf het:

In eerlikheid het hy erken:

"Toe ek op ouderdom 24 getrou het, was ek alreeds verslaaf aan alkohol. My vrou was eensaam en het gevoel dat sy te hard werk omdat ek uit was om te drink en haar met die huishoudelike verantwoordelikhede gelos het".

Duncan se ander familie het gedink dat hy eenvoudig in die voetspore van sy vader gevolg het en het hom bewonder dat hy so baie kon drink.

" My Pa het my geld gegee vir alkohol, maar hy het nooit vir my vrou enige geld gegee vir kos nie, of haar op enige manier gehelp nie" sê Duncun.

Met verloop van tyd het Duncun al meer gedrink en sy gewelddadige gedrag het toegeneem tot so 'n mate dat niemand meer vir hom respek gehad het nie.

"Ek het in 'n godsdienstige familie grootgeword en het geweet wat die Here van my verwag. Toe ek my lewe oorgegee het aan alkohol en ek gewelddadig geword het, het ek hoop in myself verloor omdat ek geweet het dat ek die ergste sondaar was.

Ek het gedink dat wat ek doen onvergeeflik was. Ek het gewag om dood te gaan en veroordeel te word om hel toe te gaan."

Eendag terwyl Duncun by 'n kroeg gedrink het, het hy iemand uit die bybel hoor lees.

"Dit was 'n man wat 'n opelug saamtrek gelei het. Hy het uit Jesaja 1 vers 18 tot 20 gelees. Hierdie verse vertel hoe God ons sondes so wit soos sneeu maak asof dit nooit bestaan het nie. Al wat mens moet doen is om na Hom te gaan en weg te draai van jou sondige verlede."

Hierdie woorde het Duncun so beindruk dat hy nie kon ophou om daaraan te dink nie.

"Een aand het ek regtig die laagste gedaal en my vrou amper dood geslaan. Al wat sy gedoen het was om nie die voordeur vinnig genoeg vir my oop te maak nie."

"Toe die mense van die dorpie uitvind wat ek gedoen het, het die mans gedreig om my dood te maak indien sy sou sterf."

Uit vrees vir sy vrou en sy eie lewe, het Duncun die verse onthou wat hy gehoor het en desperaat tot God gebid.

"Ek het gebid: 'Here as U my vrou gesond sal maak, sal ek U my lewe gee en U dien vir die res van my lewe'.

Die Here het my gebed verhoor en my vrou gesond gemaak. Dit het my gered van die mense wat kwaad was en my lewe wou neem.

Dit is toe dat ek besef het dat God my vriend is ten spyte daarvan dat ek 'n sondaar is."

Daardie aand het Duncun na 'n pastoor se huis gegaan. "Ek het vir hom gesê dat ek genoeg gehad het van die wereld en dat ek Jesus Christus nodig het."

"Die pastoor het gedink ek was dronk en het gesê dat ek die volgende dag moet terugkom. Ek het egter volgehou en toe het hy my begelei om die sondaars gebed te bid."

Daarna het ek gevoel dat 'n gewig van my hart gelig het en dat dit vervang is deur die vrede van God."

Duncun leef nou elke dag as 'n volgeling van Jesus en is die pastoor van 'n klein kerkie. Nadat hy opgehou het om te drink en baklei, was sy vrou so verbaas oor die verandering in sy lewe, dat sy ook 'n Christen geword het.

"My broers was ontevrede met my besluit om 'n Christen te word, maar al het hulle my uit my huis verjaag omdat ek volgens hulle, hul bygelowe verraai het, en dit ons armoedig gelaat het, weet ek dat die Here nou my voorsierer is."?

<< Isidakwa sinikezwa ithuba lesibili (Zulu)
Chidhakwa Chakawaniswa Mumwezve Mukana (Shona) >>