Waarheid te midde van teenstrydige oortuigings (Afrikaans)

Nomsa Sibanda
Nomsa Sibanda

Nomsa Sibanda het vasgevang gevoel tussen haar ouers teenstrydige oortuigings, maar moeilike tye het vir haar die waarheid gewys.

"My pa was 'n tradisionele medisyne-man wat in kompetisie met ander toordokters was," sê Nomsa.

Ten spyte daarvan dat haar pa verskeie tradisionele seremonies in hulle huis gedoen het, het haar ma vasgehou aan haar Christenskap.

"God was tog in my gedagtes," onthou Nomsa, "omdat ons ma saam met ons sou sit wanneer ons pa weg was. Sy het vir ons gesing en gebid, selfs in tye van haar eie behoefte.

"Sy sou bid dat ons 'n goeie lewe sal hê en met goeie lewensmaats sou trou."

Jare later nadat haar ouers geskei is het haar pa weer getrou.

"In graad drie is ek gedwing om saam met my pa en sy tweede vrou te bly," onthou Nomsa.

"My lewe was so moeilik dat ek begin oorleef het met leuens en diefstal, veral van kos. Sy het net vir ons kos gegee wat nie meer eetbaar was nie en klere wat haar kinders nie meer wou hê nie."

Nomsa erken, "Ek is nog steeds in die versoeking om leuens te vertel en het nog steeds gevoelens van haat teenoor my stiefma."

Tydens hoërskool het Nomsa besluit dat sy God wou leer ken op dieselfde manier as wat haar ma Hom geken het.

"My ma se bemoediging en gebede het my aangemoedig om na God te begin soek," verduidelik sy.

Sy het by die Christen organisasie Scripture Union aangesluit, wat sê sy "haar versekering van lewe in moeilike tye gegee het."

"Deur die gebedsgroepe kon ek leer van Jesus as die Verlosser van die mensdom en die offer wat Hy aan die kruis vir ons gemaak het."

"'n Preek oor Psalm 23, waaroor my ma gereeld gepraat het, het my aangemoedig om op Jesus te vertrou."

Sy onthou dat sy gedurende Paastyd 'n film gesien het oor Jesus se dood en opstanding.

"Toe ek Jesus se dood gesien het, het ek besef hoe toegewyd hy was om my lief te hê, selfs al is ek 'n sondaar."

Nomsa sê sy was gemotiveer om 'n omkeer na Jesus toe te maak.

"Ek het Jesus as my persoonlike Verlosser aangeneem. Ek weet ek is 'n Christen omdat ek glo in die weg wat Jesus aanwys en ek volgens Sy wil leef."

"God het wonderwerke in my lewe gedoen. Hy het my 'n goeie man en drie dogters gegee. God het my die krag gegee om die bose geeste van hierdie wêreld te kan oorkom.

"Deur deurlopend te bid kan ek op hierdie manier my sonde (ongeregtigheid) te bowe kom."

Wanneer sy ontvlugting en beskerming in moeilike tye nodig het sê Nomsa kyk sy op na Jesus.

"Jesus is ons rots," sê sy. "Hy is die grot waarin ons kan gaan wegkruip in tye van hartseer. Hy doen alles met 'n doel vir jou lewe."

Vir diegene wat Jesus nie ken nie, sê Nomsa "Moenie hoop verloor met wat nog kan gebeur nie. Jesus is gereed om 'n deur vir jou oop te maak. Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe.

"God sal jou nooit verlaat nie, in vergelyking met die mens, wat sal. Jesus sê: "Kom na My toe almal wat belas is, en Ek sal julle rus gee." Hy het gesterf vir ons sondes en aan die kruis gely."

<< Iqiniso phakathi kwezi nkolelo eziphikisanayo (Zulu)
Zvokwadi muzvitendero zvinopikisana (Shona) >>