Droom beëindig dubbele lewe (Afrikaans)

Jonas Andrew
Jonas Andrew

Jonas Andrew het mense mislei deur hulle te laat glo dat hy 'n ware Christen was, maar 'n vreemde droom het sy lewe kom omdraai.

"Ek was 'n lofspanleier in die kerk, maar ek was nie gered nie," erken Jonas.

Dit was vir hom duidelik dat hy nie gered was nie, want soos hy sê: "Ek was 'n dronkaard, 'n roker, 'n dwelm gebruiker en 'n rokjagter."

As gevolg van die probleme wat hy in die lewe in die gesig gestaar het, het Jonas die goedheid van God bevraagteken en nie na die God se Woord of diegene wat daaroor gepreek het, geluister nie.

"Ouderlinge in die kerk het geglo dat ek regtig geestelik wedergebore was, 'n kind van God, omdat hulle gesien het hoe ek liedjies in die kerk gekomponeer het, maar my lewenstyl buite die kerk het dit egter weerspreek."

Een nag het 'n droom alles vir Jonas kom verander.

"Ek het gedroom dat ek in 'n woestyn was en dat 'n bus vol mense naby my kom stop het. Hulle het gesê dat die bus vol was, daar was nie meer plek was nie. Toe sien ek 'n fiets en vra of ek dit kan leen, maar die eienaar het nee gesê.

"Vier dronk mense het verbygekom en my geroep om agter hulle aan te gaan, maar ek het geweier."

Hy het skielik uit die droom wakker geword en gevoel dat God hom aangemoedig het om die Bybel te lees, diep onder die indruk dat Hy probeer het om hom iets om te vertel.

"Uit die teksverse wat ek gelees het, het ek besef dat God wou hê dat ek my lewe moes verander," vertel hy.

Hierdie droom het Jonas gehelp om te besef dat hy 'n keuse in sy lewe moes maak vir Jesus, voordat dit te laat was en "die bus vol was".

Hy het in die Bybel gelees: "Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely word ons gered."(Romeine hoofstuk 10, verse 9-10).

Hy het verder gelees, "Aan almal wat Hom (Jesus) egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word." (Johannes 1: 12-14).

Nadat hy hierdie woorde gelees het, was Jonas oortuig dat hy beheer van sy lewe aan God moes oorgee.

"Ek het besluit om op te hou om met die dinge wat ek teen God gedoen het.

Sedert daardie besluit, sê hy, "God het my lewe verander. My ou gedrag en gewoontes is iets van die verlede.

"Ek het die vrede en liefde wat ek in Jesus Christus ontvang het, begin geniet. Ek het nou vrede in my gemoed."

Nadat hy sy ou vriende wat 'n afbrekende invloed op hom gehad het, agtergelaat het, sê Jonas: "God het vir my nuwe vriende gegee wat my regtig in gebed kan aanmoedig."

Die verandering in Jonas se lewe was so groot, hy sê dat hy nie kan ophou om almal wat hy ontmoet van Jesus te vertel nie.

"Danksy God se hulp," sluit Jonas af, "deel ek sy Woord met my vriende en meeste van hulle het ook in die Here Jesus begin glo. God help my ook om oor Jesus te praat Terwyl ek bus ry."

<< Iphupho liqeda impilo embaxambili (Zulu)
Hope despite illness >>