Voormalige dief kry ‘n lewe en ‘n vrou (Afrikaans)

Harry Phaoha
Harry Phaoha

Harry Phaoha was 'n selferkende hardnekkige tiener, wat geglo het dat hy alles wat hy wou hê kon steel, sonder dat daar enige nagevolge sou wees. Dit was die geval voor 'n spesifieke winkeldiefstal egter verkeerd geloop het en die hele gemeenskap hom begin wantrou het.

"Ek was 'n baie hardkoppige mens," sê Harry. "Ek was 'n dief en het amper elke dag van my lewe gedobbel."

Harry erken nou dat hy geweet hy tree verkeerd op. "Ek was altyd onseker van myself", omdat hy nie geweet het wannneer hy gevang sou word nie.

"Ten spyte van die kwaad wat ek aangevang het, het mense altyd gedink ek is 'n goed gemanierde persoon, maar toe ek gevang is na die winkeldiefstal, het die hele gemeenskap daarvan te hore gekom."

Harry se reputasie was aan flarde en hy is gebrandmerk as onbetroubaar en 'n dief.

Toe ander mense hom begin verwerp het, het hy sy broer se goeie lewe begin bewonder en besef dat sy broer se vertroue in die Here Jesus, tog ook op sy eie lewe van toepassing was.

"Die lewe is so swaar vir my gewees dat ek besluit het om my lewe aan God te gee," verduidelik Harry.

"My broer, wat 'n wedergebore Christen is, het my na sy kerk toe gevat en daar het ek Jesus gevra om my Here en Verlosser te word."

In hierdie gebed, het Harry Jesus gevra om die Koning van sy lewe te wees en met oortuiging verklaar dat Jesus die straf vir sy sonde op Hom geneem het.

Die eerste uitdaging wat Harry na sy besluit vir God ervaar het, was sy ouers se afkeur.

"My ouers het my oor alles van alle kante af aangevat, om te probeer verhoed dat ek as 'n Christen sou lewe," sê hy.

Maar Harry se ouers kon hom egter nie stop nie en het gou opgemerk watter verskil God besig was om in sy lewe te maak, veral in sy houding teenoor skoolwerk.

"Ek het altyd 'n slegte houding oor skool en teenoor onderwysers gehad. Jesus het my daarvan gered," sê hy.

Harry se behoefte om te steel het ook gestop, omdat die Heilige Gees van God sy hart verander het.

"Ek was in staat om te weet wat aan my behoort het," sê hy, met verwysing na sy begeerte om op te hou met steel.

Sy houding het só radikaal verander, dat sy ouers nie meer die krag van God wat in sy lewe gewerk het, kon ontken nie. Dit het tot gevolg gehad dat hulle ook besluit het om Jesus te volg.

Harry sê met blydskap dat "My ouers was sterk gekant daarteen dat ek kerk toe gegaan het, maar het nou ook hulle lewens vir Christus gegee, loof die Here!"

Nadat hy as tiener 'n Christen geword het, was Harry baie verlig om uit versoekings en die slegte gevolge daarvan te ontsnap.

"God het my teen seksuele onsedelikheid beskerm tot ek in 2004 getroud is met 'n Christen vrou wat ook nie seksueel onsedelike was," verduidelik hy.

Deur die wysheid en krag wat God hom as 'n tiener gegee het, sê Harry: "Ek was in staat om te maai wat ek gesaai het", wat beteken dat God hom geseën het as gevolg van die oorgawe wat hy aan Jesus gemaak het.

Deur op God te vertrou vir 'n vrou, sluit Harry af, het hy 'n vrou gekry wat ook geduldig vir hom gewag.

<< Lowo owaye yiselelesi uthola ukuphila nenkosikazi (Zulu)
“How do I receive forgiveness from God?” >>