Sonder ‘n ma (Afrikaans)

David Molefe
David Molefe

David Molefe se ma is dood toe hy nog 'n seuntjie van 10 was. Dit het hom onvergewensgesind teenoor haar moordenaar gemaak en hom op 'n pad van misdaad gesit.

Op die ouderdom van 16, het hy en 'n vriend een nag drie meisies verkrag en het hy in die tronk opgeëindig. Hy het homself gehaat vir dit wat hy gedoen het en ander gehaat vir die dinge wat gebeur het en hom daartoe gelei het.

"Ek was 'n hoereerder en is deur drank, haat en trots beheer," bely David, wat ironies genoeg as Nice bekend staan. "Ek het verhoudings met ander mans se vrouens en meisies gehad het, omdat ek trots was. Ek het myself belangriker as ander geag."

Maar David, wat vantevore geen blootstelling aan Christenskap gehad het nie, het in die tronk mense sien kerk toe gaan en besluit om saam met hulle te gaan.

"Ek het van Jesus hier in die tronk van ander gevangenes soos ek gehoor en van pastore wat van buite af besoek afgelê het. Toe ek sien dat Jesus die ander gevangenes van hulle sondes bevry het, het ek besef dat ek hierdie God regtig nodig het.

"Op 4 Desember 2013 het ek Christus as my Here en Verlosser aangeneem," onthou David.

David het in Efesiërs 5 gelees oor hoe die vrug van die Gees van God liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, sagmoedigheid, getrouheid en selfbeheersing is, en het geweet dat daar niks was wat hy kon doen nie, behalwe om Jesus as sy Here te aanvaar en om 'n Christen te word.

David sien homself nou niks beter as ander nie en is ook nie meer haatdraend nie. Hy het diegene wat hom seergemaak het vergewe, en het ander ook vir vergifnis gevra.

Hy sê dat soos hy sy tyd bestee het om Bybel te lees en te bid, hy sy verslawing oorkom het en vir ander begin lief word het en vir hulle begin omgee het.

"God is regtig goed. Dis hoekom Hy het Sy enigste Seun gestuur het om vir ons te kom sterf. Net God kan jou die krag gee om van bendes af weg te breek. Jy kán leer hoe om die Woord [Bybel] te lees en te interpreteer. God het 'n plan vir jou lewe, om jou voorspoed en nie teenspoed te gee nie (sien Jeremia 29:11). Lees die Woord!" moedig Dawid aan.

"Om jou ouers te verloor, beteken nie dat alles vir jou verby is nie. God sal vir jou 'n ouer wees.

"Ek het op die einde geleer om te sing en God se boodskap te verkondig en dromme in ' n orkes te speel. Ek kon niks hiertoe bydra nie, dit is net moontlik as gevolg van God se liefde vir my," verklaar David.

<< Motherless but not alone
Engenanina (Zulu) >>