Liefde oorwin woede (Afrikaans)

Lena Heldzinger
Lena Heldzinger says she had to find out what was missing from her life.

Lena Heldzinger se ma het baie gesukkel om haar pa se skielike dood aan hartversaking te verwerk. Dit het daartoe gelei dat sy baie min liefde en omgee vir haar oudste dogter oorgehad het en haar gereeld 'n pak slae gegee het.

As gevolg van haar moeilike kinderjare, sê Lena, het sy verander in 'n "sielsongelukkige mens wat geen vreugde, geen vrede en geen liefde vir enige iemand anders gehad het nie".

Sy is uiteindelik getroud, maar erken dat sy vir haar man baie ongelukkigheid veroorsaak het en dat sy 'n onaangename huweliksmaat was.

"Ek was 'n baie bitter mens gewees, wat onbeheerste woedebuie gehad het, baie hardkoppig was en nie in staat was om liefde te wys nie," bieg sy.

Lena se man het egter verstaan wat in haar verlede gebeur het en gekies om by sy vrou te staan.

Teen die tyd dat sy kinders van haar eie gehad het, het Lena besef dat sy nie wou toelaat dat hulle so liefdeloos soos sy moes grootword nie en het daarna gestreef om uit te vind wat in haar lewe geskort het.

Op daardie stadium het sy in 'n drukkersfabriek gewerk waar haar kollegas vir haar vertel het van God se liefde en dat Jesus ook vir haar sondes gesterf het.

"As ek in Hom glo en Jesus as my Verlosser aanneem, sal my lewe verander, het hulle vir my gesê," onthou Lena.

Dit was egter eers later, gedurende 'n opelug tent byeenkoms, dat Lena uiteindelik die besluit geneem het om haar lewe aan Jesus oor te gee.

"Trane het oor my wange geloop toe die pastoor se vrou vir my gebid het en ek het net gewéét het dat iets in my binneste gebeur het," onthou sy. Later het haar man en kinders Jesus ook in hulle lewens ingenooi om hulle Heerser en Verlosser te wees.

Ek was ‘n baie bitter mens geweesLena het God se groot liefde so intens ervaar dat sy nie kon help om Hom ook lief te hê nie, maar haar woede probleme is ongelukkig nie vanself opgelos nie.

"Dit het groot geloof in God se Woord [die Bybel] geneem, om heeltemal van my woede verlos te word. Ek het die Bybel gelees en daaroor nagedink (in my gedagtes beredeneer), veral die vers wat sê: "As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees" (sien Johannes 8:36).

Lena het ook haar ma vergewe, omdat dit wat sy in die Bybel gelees het haar laat besef het dat almal sondaars is wat God se onverdiende goedhartigheid nodig het en dat haar ma nie van beter geweet het in haar reaksie op haar omstandighede nie.

Van 'n posisie waar sy sielsongelukkige en liefdeloos was, is Lena nou gevul met vrede en liefde vir God en andere. Een van haar gunsteling verse is "laat ons aanhou om mekaar lief te hê, want ware liefde is van God afkomstig ... omdat God die liefde self is" (sien 1 Johannes 4: 7-8).

<< Love defeats anger
Uthando lunqoba intukuthelo (Zulu) >>