My liewe was hel op aarde (Afrikaans)

Kay Liyena
Kay Liyena in traditional dress at a conference held in South Africa in 2015.

Kay Liyena voel dat sy so hel op aarde gehad het dat sy beslis nie hel toe wil gaan wanneer sy dood gaan nie.

"Ek het baie hier op aarde gely, ek wil nie weer in die hel ly nie," sê sy.

"Ek het uit 'n groot familie uit gekom en ons was baie arm. Soms was daar nie eers kos om te eet nie. My ouers het ook geskei en die mans in my familie het my seksueel misbruik."

Kay is getroud op 17, maar was tien jaar later 'n weduwee en het haar drie klein kindertjies alleen grootgemaak.

Sy het verslaaf geraak aan seksuele onsedelikheid en alkohol in 'n poging om die pyn uit haar verlede te stil.

In 2006 het Kay in wanhoop saam met 'n vriend na die kerk gegaan. Daar het sy 'n boodskap van 'n Zambiese pastoor gehoor wat haar lewe verander het.

“Vandag doen ek die regte dinge voor God”"Die lewe wat ek gelei het, het my nie vrede gegee nie," bely sy. "Maar die Here het my, 'n sondaar, vergewe. Hy het my gehelp om my verslawings te oorkom en om op te hou lieg. Ek moes vrede maak met sommige van my familielede en hulle vergewe.

"Vandag doen ek die regte dinge voor God."

Mattheus 7:21 is belangrik vir Kay omdat dit haar herinner dat nie almal wat sê: "Here, Here" is 'n ware Christen wat in die hemel sal kom nie.

"Ek het gedink dat ek van geboorte af aan die kerk behoort," sê Kay, "maar om 'n Christen te wees, beteken om jou hele lewe vir Jesus te gee, en nie net om kerk toe te gaan nie."

Sy moedig ander aan: "Bekeer en hou jou oë net op Jesus Christus gerig, want Hy is die een wat red - maak nie saak wat jou omstandighede is nie."

<< My life was hell on earth
Impilo yami kwaku yisihogo sasemhlabeni (Zulu) >>