Sielkundige geval vind sin en dole (Afrikaans)

Chisha Evaristo
Zambian Chisha Evaristo is now of sound mind.

Zambiese burger, Chisha Evaristo was so 'n strawwe dwelm-verslaafde dat sy brein aangetas was en hy as sielkundig gestremd geklasifiseer was in 1995. Hy moes weens agressie vasgeketting word en dra vandag steeds die littekens om sy arms en enkels.

Tans is hierdie voormalige 'vuilmond' alkoholis en dwelm-verslaafde 'n besigheidsman by sy volle verstand, 'n liefhebber van Jesus Christus en 'n verteenwoordiger by 'n Christelike Konferensie in Suid Afrika toe hy sy storie met Challenge News deel.

"Ek drink of rook nie meer nie. Die begeerte het verdwyn! Ek is verlos! Ek word nie meer middernag-ure wakker, al smagtende na dwelms nie.

"God het my geweldig gehelp en in talle maniere om my sondes te oorwin en met die hulp van manne en vroue van God wat persoonlik vir my 'gepreek' het en deur die media."

Chisha se lewe het 'n totale ommekeer beleef - na vyf jaar van erge verslawing – nadat hy besef het dat daar geen lewe was in enige-iets wat hy kon doen nie en 'n werks-kolega hom vertel het van die hoop wat in Jesus te vinde is.

Chisha onthou die geloof van sy jeug en waarhede wat hy op 'n Christen radioprogram gehoor het. Met die hulp van hierdie werks-kolega kon Chisha om vergifnis van sy sondes teer God bid, om verlossing van die bose en om die ewige lewe in Jesus te ontvang.

"Ek wou so graag 'n betekenisvolle lewe hê", onthou Chisha.

Die Here het hom intussen gehelp om sy leuens te bely teenoor die wat hy bedrieg het en met die herstel van gebroke verhoudings.

"Mense wie se lewens in 'n gemors is, soos myne was, moet hul lewens aan die Here Jesus Christus oorhandig. Chisha moedig aan: "Jesus is meer as bekwaam en magtig om hulle te herstel. Hy wil hulle hê, het hulle lief en gee vir hulle om."

Hy kwoteer Joh. 3:16 "Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy Eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."

<< Mental case finds meaning
Isimo senqondo sithole incazelo (Zulu) >>