‘n lang pad na waarheid (Afrikaans)

Ralph Joseph
Ralph Joseph

Ralph Joseph het ? harde lewe gehad. Hy is gedurende die apartheidsjare in ? Bruin gemeenskap gebore as ? Xhosa en wel in ? hut met ? baie jong vrou as sy moeder. Hy het nooit sy regte pa geken nie. Toe sy familie in 1976 hul huise in Manenberg verloor het, het hulle soos bedelaars geword wat hier en daar rondswerf.

Wat hierop vir Ralph gevolg het, was ? lewe van armoede, misdaad en verslawing.

"My lewe het bestaan uit drank en dagga, erken hy. Ek was vol van myself, veroordelend en ? rampokker wat ander net in die moeilikheid gebring het.

By tye in sy lewe het Ralph aan God gedink omdat sy moeder kerk-toe gegaan het, maar hy erken "Ek het my hoogmoed in die pad laat staan van my saligheid. Ek het nie geweet dat vergifnis ook vir my moontlik was en kon ook nie my sondige begeertes oorwin nie."

"Toe het die Here Jesus toegelaat dat ek gevang word sodat Hy alleen tyd met my kon spandeer" sê hy glimlaggend.

Op hierdie stadium het Ralph as ? sekuriteitbeampte by ? Siviele Ingenieursmaatskappy gewerk. Hy het ? ongelisensieerde vuurwapen besit en erken dat hy ? baie sterk begeerte en plan gehad het om iemand in die donker te skiet. Nietemin het God Ralph gekeer om sy plan deur te voer. Iemand het hom aangegee en hy is gearresteer en gevonnis tot vyf jaar tronkstraf vir die besit van ? ongelisensieerde vuurwapen.

In die gevangenis het Ralph besef dat hy alles wat vir hom belangrik was kon verloor, en vrees, alleenheid en spanning het veroorsaak dat hy God begin soek het.

Ralph het deur prediking in die gevangenis geleer dat alleen die Bloed van Jesus Christus hom van sy sonde kon red. Hy het besef dat dit God se genade was wat hom in die tronk laat opeindig het – nie alleen om sy aandag te kry nie, maar ook om hom te beskerm van vyande wat hy buite die gevangenis gemaak het – dié wat hom nou wou doodmaak.

"Ek het myself aan die Here oorgegee deur te erken dat ek ? sondaar is wat verkeerde dinge gedoen het," verduidelik hy. Ek het bely dat God Alleen my kon red en wel deur Sy Seun Jesus Christus, Wie Hy uit die dood opgewek het.

Ek het verstaan dat die enigste weg tot verlossing was om my te bekeer (weg te draai van sondige dinge) en gedoop te word (onder die water gaan as uiterlike teken van my besluit).

"Ek het erken dat ek die duiwe toegelaat het om beheer van my lewe te geniet, maar nou het ek daardie beheer aan God oorhandig."

Dit het alles drie jaar gelede gebeur en Ralph is nou 51 jaar oud. Hy sê dat die verandering wat God in sy lewe gebring het, ongelooflik is – insluitend dat die Here Ralph die geleentheid gegee het om met sy vyande versoen te raak en die respek terug te wen van diegene wat hom voorheen gehaat het.

"Die Here het vir my deure oopgemaak op maniere wat ek nooit sou kon dink nie", sê hy. "As jy God nie ken nie, kom probeer en smaak dat die Here goed is. Jy sal nooit spyt wees nie. Ek weet ek is nie!"

<< Uhambo olude oluya eqinisweni (Zulu)
Rwaiva Rwendo rurefu kusvika muzvokwadi >>