Dronkaard sien nugtere waarheid (Afrikaans)

Jameson Kamenga
Jameson Kamenga knows what it is to be intoxicated with God’s love, rather than alcohol.

Jameson Kamenga was 'n drinker, vegter en vroue-jagter totdat 'n fietsongeluk sy lewe verander het.

Jameson erken, "Ek het met verskillende vrouens geslaap, omtrent twee tot drie elke dag." "Ek moes ophou werk weens my bier-drinkery. Ek het geen tyd vir werk gehad nie want die mees belangrike ding in my lewe was om bier te drink en seks te hê. Ek dank God dat ek nooit AIDS gekry het nie."

Jameson het elke Sondag 'n Zioniste kerk in sy dorpie bygewoon, maar hy en sy vriend het die kollektegeld 'geleen' om dit op bier te gaan spandeer. Hy erken "Ek was 'n goeie vegter en het mense in my samelewing laat les opsê."

Een dag het Jameson met 'n polisie-offisier baklei en het vir 'n week in die tronk moes spandeer. Toe hy vrygelaat is, het hy reguit teruggegaan na sy ou weë.

Hy onthou, "Dit was 'n lekker dag vir my want my vriende het meer bier as gewoonlik vir my gekoop. Dit was soos 'n spesiale viering."

Oppad huis-toe egter, het Jameson besope en teen 'n hoë spoed beheer van sy fiets verloor soos hy sy dorpie genader het. Sy fiets het gegly en hy het teen 'n skerp helling af geval en sy kop teen 'n klip gestamp.

Hy onthou "Ek was baie ernstig beseer en my broer het gekom en my na die naaste hospitaal geneem waar ek opgeneem is. Die volgende oggend het 'n pastoor die Woord van God kom preek in die sy-saal, ek was onder sonde-oortuiging en het my geloof in die Naam van Jesus geplaas. 'n Maand later is ek gedoop [onderdompel in water as 'n uiterlike teken van sterwe aan my ou lewe] en ek het begin om die Woord van God te preek."

Toe Jameson se vriende hom die goeie nuus van Jesus, wat na die aarde gekom het om ons van ons sondes te red, hoor preek, was baie van hulle verbaas weens die verandering in hom. Hulle het onder mekaar gevra "As hierdie man, wat 'n sondaar was, nou die Woord van God preek, wat verhinder ons om onsself aan Christus oor te gee?"

Jameson deel met vreugde, "Baie van my vriende, omtrent agt manne, het Jesus Christus op dieselfde dag aangeneem. Van toe af tot nou het ek nie opgehou om van Jesus te preek nie.

Jameson het intussen 'n pastoor in sy kerk geword en bedien daar vir meer as tien jaar.

<< Isidakwa sibona iqiniso (Zulu)
Chidhakwa chinoita mahwekwe nezvokwadi (Shona) >>